TY - BOOK ID - 134497720 TI - Meer Oor PJ Van der Merwe. PY - 2017 SN - 0620747455 PB - Stellenbosch : African Sun Media, DB - UniCat KW - History, Modern. KW - History KW - Philosophy. UR - https://www.unicat.be/uniCat?func=search&query=sysid:134497720 AB - "Saam met Berigte uit die Dorsland het die historikus se dogter, Margaretha Schäfer, ook Meer oor P.J. van der Merwe saamgestel. Dit vorm as't ware 'n tweeluik. Baie interessant is onder meer koerantberigte oor Van der Merwe se openbare optredes in 1940 terwyl die Tweede Wêreldoorlog gewoed het. Hy was toe nog nie 30 jaar oud nie en het pas teruggekeer van Nederland waar hy sy doktorale studies afgehandel het ... In dié bundel is verskeie resensies opgeneem wat Van der Merwe oor leidende historici se werk geskryf het. Dit sluit ook in evaluasies van ander historici van sy werk en van die dosente in die Geskiedenis-departement aan die U.S., waarvan hy van 1955 tot 1977 die effektiewe hoof was ... 'n Opstel deur F.A. van Jaarsveld, waarin hy Van der Merwe en sy werk ontleed, is een van die mees uitstaande bydraes van hierdie historikus. Dit is egter die essay getitel Trek, deur die Australiese historikus W.K. Hancock, wat in die tydskrif, The Economic History Review, gepubliseer is, wat beter as alle ander pogings slaag om die unieke bydrae van Van der Merwe tot die Suid-Afrikaanse historiografie te beskryf en te ontleed." - Hemann Giliomee. ER -